Welkom by Grobbelaars & Church Begrafnisdienste en Makelaars.
Die een sekere ding is dat geeneen van ons onsterflik is nie. Die afsterwe van 'n geliefde is altyd traumaties vir die naasbestaandes. Daarom is dit ons ervaring dat mense onvoorbereid en onseker is oor die korrekte prosedures en reëlings is wat gevolg moet word met die afsterwe van hulle geliefde.
Grobbelaars & Church Begrafnisdienste/Makelaars is daar om u die nodige gemoedsrus te gee. Ons fasiliteite is van die beste in die land en ons professionele personeel is 24 uur op bystand. Ons personeel het altesaam 152 jaar ondervinding in hierdie bedryf.
Ons as direksie verbind nie net die maatskappy tot uitmuntende diens in die bedryf nie, maar ook onsself.

Johannes Vermooten (Voorsitter) en
Elsabé Basilio (Besturende Direkteur)